top of page
NG KERK | DUTCH REFORMED CHURCH
FRANSCHHOEK

PAASFEES ‘25 FRANSCHHOEK
Donderdagaand 18:30
Die tafel word gedek, Jesus en sy dissipels eet saam en kuier, daar is ’n gespanne atmosfeer, maar tog ’n vrolikheid rondom die tafel – Kom steek jou voete vanaand onder Jesus se tafel in. Die persone wat gaan inskakel, dek vir julle ook ’n tafel en beleef hierdie oomblikke saam met ons rondom die tafel.
Vrydag 09:00
Die atmosfeer van vrolikheid het baie somber geword. Jesus stap met Sy hout kruis na Golgota. Die doring kroon op Sy kop, die swaar kruis oor Sy kaal skouers. Die Paasverhaal is moeilik en swaar. Jesus word gekruisig, alles word donker. Kom neem Vrydag deel aan die kruisigings boodskap.
Sondag 09:00
Gelowiges wêreldwyd vier fees. Sy graf is leeg. Die Heer het opgestaan, Hy het waarlik opgestaan. Ons besing Sy lof en is dankbaar vir die groot prys wat Hy vir ons betaal het. Kom neem Sondag deel aan ons erfenis.
Almal is welkom by al ons dienste. Die dienste word ook uitgesaai op ons YouTube kanaal.
Geseënde Paasfees aan almal.
bottom of page