top of page

POPIA - WET
WET OP BESKERMING VAN PERSOONLIKE INLIGTING - Wet no. 4 van 2013

                                                                              

 

Hierdie wet is in November 2013 onderteken en gedeeltes het in werking getree in April 2014. In Desember 2016 is die Inligting reguleerder aangestel. Die res van die regulasies het op 1 Julie 2020 in werking getree en organisasies (soos bv. gemeentes/sinode) moet nou teen 30 Junie 2021 aan alle wetlike vereistes voldoen.

 

Kerke (en enige organisasie wat mense se inligting insamel) word verplig om skriftelike toestemming van lidmate te kry om hulle persoonlike inligting in te samel en veilig te bewaar, sodat net gemagtigde persone toegang het tot ‘n persoon se persoonlike inligting.

Agtergrond   

Die POPIA-Handleiding verskaf die riglyne om aan die agt wetlike voorwaardes te voldoen ten einde te verseker dat daar met sorg omgegaan word met persoonlike inligting. Hierdie handleiding is by die kerkkantoor beskikbaar ter insae.

​

​

Die volgende vorms is beskikbaar vir lidmate:
Vorm 1: Beswaar teen verwerking van persoonlike inligting.
Vorm 2: Versoek om regstelling of skrapping van persoonlike inligting of vernietiging of skrapping van rekord van persoonlike inligting.
Vorm 4: Aansoek om die toestemming van ’n lidmaat vir die verwerking v
an persoonlike inligting vir die doel van direkte bemarking.


 

bottom of page